Ontvang elke weeksdag 'n gratis brief in u Inboks-die Basuin Brief

Wet onder Aanval

Wet onder Aanval

Aanslag op Amerika (Hoofstuk Twee)

Vervolg vanaf "Barack Obama—Fundamentele Hervorming van Amerika"

In September 2012 het grondwet kundiges ‘n lys aan die Huisregtelike Komitee voorgelê wat wys hoe president Obama die wetlike beperkings van die presidensie tydens sy eerste termyn oorskry het. HumanEvents.com het die paneel se bevindinge só opgesom: "As president het Barack Obama ’n gewoonte daarvan gemaak om grondwetlike beperkings op sy mag te omseil of te ignoreer..." Voorbeelde hiervan sluit in sy misbruik van uitvoerende mag in verband met die Fast and Furious-skandaal, sy besluit om op te hou om dele van Amerika se immigrasiewet af te dwing, en sy magtiging van militêre optrede in Libië in 2011 sonder om eers die Kongres te raadpleeg.

Een van die paneel se belangrikste voorbeelde was Obama se eensydige aanstelling van amptenare in 2012, wat die bevestiging van die Senaat omseil het. ’n Federale hof het beslis dat dit ongrondwetlik is. “Sen. Mike Lee, …’n bekende grondwetgeleerde, het aan die komitee gesê dat Obama se magsmisbruik…’n historiese eerste was” (ibid). Dit het nog nooit in die geskiedenis van die VSA gebeur nie.

Barack Obama se administrasie het gereeld verby die perke van uitvoerende mag gestoot. Die New York Times het in April 2012 geskryf, "[I]n toenemende mate in die afgelope maande het die administrasie maniere gesoek om sonder die Kongres op te tree." Selfs die president se bondgenote in die media het geweet dit gebeur. Maar niemand het iets gedoen om dit te keer nie. Min mense het selfs aandag gegee!

Dit het sedertdien duidelik geword hoeveel Obama en sy mense voordeel getrek het uit hierdie gebrek aan waaksaamheid.

Besef u hoe dodelik gevaarlik hierdie neiging van wetteloosheid is? Weinige mense besef dit.” Maar dit gee diepgaande insig in die werklike aard van die bedreiging wat Amerika vandag in die gesig staar.

Amerika se grondwet maak hierdie nasie anders van enige ander in die wêreld. Dit is gebaseer op bybelse beginsels. Die beskerming wat die Grondwet bied, het God toegelaat om hierdie nasie geweldig te seën. Dit verhoed dat ’n diktator beheer oor die nasie se ongeëwenaarde hulpbronne oorneem—hulpbronne wat God aan ons gegee het.

Die Grondwet was een van vele seëninge wat Amerika die vernaamste nasie in die geskiedenis gemaak het. God het Amerika geseën soos geen ander nasie nie. En die duiwel wil Amerika vernietig soos geen ander nasie nie! Satan span elke wapen wat hy kan in om Amerika te vernietig, en hy behaal kommerwekkende sukses.

Bybelse profesie verskaf weereens deurslaggewende insigte tot die redes hieragter.

Gooi die waarheid op die grond

Kyk weer na die profesie van Daniël 8. Dit beskryf Satan se bedrywighede op' n baie duidelike manier. Dit is in beginsel van toepassing op wat met Amerika gebeur het.

In vers 10 begin ‘n beskrywing van ‘n aanval wat Satan in hierdie eindtyd gemaak/geloots het.” Die profetiese taal verwys hier na God se “heiligdom” en die “daaglikse offerande” en gebruik die tempel van God in eertydse Israel as 'n profetiese simbool. Dit beskryf 'n sataniese aanval op die moderne “heiligdom”, God se Kerk. Tog ontbloot dit ook die duiwel se taktiek in sy aanval op die Verenigde State.

Vers 12 sê dat die duiwel 'n “leërmag” gehad het, en praat van 'n leër van sy demone: “En ‘n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.

Satan is altyd besig om die waarheid op die grond gooi.

God is 'n God van waarheid. Sy woord is waarheid. Sy wet is waar en reg, en om dit te onderhou, maak ons lewens gelukkig, ordelik en geseënd. Sy weg is die weg van goedheid, geregtigheid, wet en orde (bv. Johannes 17:17; Psalm 19:7-9; 119:151; 1 Korinthiërs 14:40).

’n Eerlike, wetsgehoorsame samelewing, wat selfs mensgemaakte wette hou, is baie meer stabiel as ’n wettelose een.

Satan, die god van hierdie wêreld, is 'n bedrieër. Hy is 'n leuenaar en die vader van leuenaars (Johannes 8:44). Hy haat die waarheid. Hy het behae in wetteloosheid en wanorde (hoewel hy ook tirannie en outoritarisme inspireer, wat wet nie as 'n seën vir mense gebruik nie, maar as 'n wapen teen hulle). Hy lei mense altyd om die wet gering te ag en te oortree; hy ondermyn die oppergesag van die reg.

Sodra mense dít doen, dan kan hy sy demone instuur en verwoesting saai teenoor 'n individu, 'n kerk of 'n nasie.

Wanneer jy 'n gees van bedrog en wetteloosheid sien werk, weet jy die duiwel sit daaragter.

Toe Satan God se Kerk in hierdie eindtyd aangeval het, het hy mense ingekry wat hoog geleë was, wat die waarheid op die grond gegooi het. (Hierdie verhaal word in ons gratis boek Raising the Ruins vertel. Dit is verstommende geskiedenis wat op merkwaardige maniere ooreenstem met die vernietiging in Amerika.)

Satan het dieselfde taktiek gebruik toe hy Amerika en die hedendaagse nasies van Israel aangeval het. Dit verklaar die aanslag teen Amerika se stigting, geskiedenis, beginsels en die doel wat van sulke hooggeplaaste leiers kom. Dit is die mees doeltreffende en kragtigste manier om te vernietig: werk van bo af ondertoe. Die duiwel kan daardie leiers gebruik om 'n aanslag van binne af op die waarheid en die wet te maak.

Dit is ’n kerneienskap van die werk van 'n satan- geïnspireerde "Antiochus." Die Antiochus-figuur waarvan in Daniël 8 geprofeteer word, is 'n wettelose man. Hy is onbeperk deur die wet van God, en selfs deur die wette van die mens. Instede daarvan volg hy die voorskrifte van sy eie wil, wat tragies deur die duiwel geïnspireer is.

Uitvoerende Bevele

In sy Staatsrede van die Unie toespraak in Februarie 2013 het president Obama gesê: "Ek doen 'n beroep op hierdie kongres om 'n tweeledige, markgebaseerde oplossing vir klimaatsverandering na te streef ... Maar as die kongres nie binnekort sal optree om toekomstige geslagte te beskerm nie, sal ek. Ek sal my kabinet opdrag gee om vorendag te kom met uitvoerende aksie wat ons kan neem, nou en in die toekoms ...”

Obama het hierdie tipe aksies met ongeëwenaarde reëlmatigheid geneem. Hier is wat die Washington Post geskryf het net 'n paar dae voor die president se toespraak: "President Obama oorweeg 'n reeks nuwe uitvoerende aksies wat daarop gemik is om 'n teensinnige kongres te omseil, insluitend ‘n beleid wat sukkelende huiseienaars kan toelaat om hul verbande te herfinansier, nuwe beskerming vir gays en lesbiërs, geboue meer energie-doeltreffend te maak, en strenger regulasies vir steenkool-aangedrewe kragsentrales... Hierdie veranderings onderstreep Obama se toenemend aggressiewe gebruik van uitvoerende gesag, insluitend 23 administratiewe aksies oor wapengeweld verlede maand en vorige bevele wat deportasies van jong onwettige immigrante vertraag het en studenteleningbetalings sal verlaag” (10 Feb. 2013).

Sulke optrede het mense se gedagtes gekondisioneer om uitvoerende bevele te aanvaar wat hoofsaaklik bedoel was om die Kongres en die Grondwet te omseil. Dit het die nasie se regering dramaties beweeg na diktatorskap of tiranie.

President Obama se gebruik van hommeltuie het ook sy mag onwettig uitgebrei. Hy het vyf keer meer hommeltuigaanvalle geloods as wat president George W. Bush gedoen het, en in die helfte van die tyd. Een hiervan het 'n Amerikaanse burger in Jemen geteiken en doodgemaak. Maar wat veel meer skrikaanjaend was, is die volgende: Die Departement van Justisie het 'n dokument van 16 bladsye aan NBC uitgelek wat toon dat Obama se administrasie die mag oorgeneem het om enige Amerikaanse burger wat as 'n bedreiging beskou word, dood te maak, selfs op Amerikaanse bodem. Hierdie administrasie het hulself duidelik, met vrymoedigheid as bo die wet beskou.

Regter Andrew Napolitano het in die Washington Times geskryf: “Obama het redeneer dat hy Amerikaners kan dood maak wat, volgens hom, ons almal veiliger sal hou, sonder enige regsvoorskrifte hoegenaamd. Geen wet magtig dit nie. Sy prokureur-generaal het aangevoer dat die president se noukeurige oorweging van elke teiken en die noue gebruik van dodelike geweld 'n voldoende en grondwetlike plaasvervanger vir geregtelike wyse is. Geen hof het dit nog ooit goedgekeur nie” (7 Feb. 2013). Napolitano het daarop gewys dat hierdie praktyk staats- en federale wette, verbreek het, sowel as uitvoerende bevele wat sluipmoorde verbied, asook die taal in die Verklaring van Onafhanklikheid en die Grondwet.

Miskien was baie of selfs die meeste van die mense wat in hierdie aanvalle geteiken is, bedreigings vir die Verenigde State. Maar ons behoort diep ontsteld te wees oor 'n administrasie wat só minagtend teenoor die wet is wat dit veronderstel is om te handhaaf!

Hierdie neiging tot wetteloosheid is DODELIK. En omdat dit nie met geweld gestop is nie, het hierdie probleem deurgans vererger terwyl Obama president was. Dit is nou nóg erger met Joe Biden aan bewind.

Ons moet ons oë oopmaak sodat ons die bose geestelike mag kan erken wat agter hierdie druk om die wet te ondermyn skuil.

Ons in Amerika is vir 'n paar honderd jaar beskerm omdat ons ontvangers is van die seëninge wat God aan getroue Abraham belowe het. Ons het nie die onrus ervaar wat baie ander nasies het nie. Ons was in 'n burgeroorlog en twee wêreldoorloë betrokke, maar in vergelyking met die meeste ander lande en ander eras, het God vir ons oorwinnings en baie vrede gegee. Gevolglik het ons mense gevestig geraak in ’n onwerklikheid oor wat rondom ons gebeur. Hulle verstaan nie hoe dodelik gevaarlik dit is nie!

Dit is nie God se wêreld nie. Dit is 'n wêreld wat deur enorme boosheid geteister word. Dit is vol tiere wat wag om mense uitmekaar te skeur. Soos Winston Churchill gesê het, die geskiedenis van die mens is die geskiedenis van oorlog. Tog kan ons vandag om onverklaarbare rede nie tot begrip kom nie. Dit is soveel makliker om dit te ignoreer.

Is jy bereid om die werklikheid in die oë te kyk? Die meeste mense is nie. ’n Waas van misleiding omhul ons wêreld. Dit is verstommend hoe maklik mense vandag bedrieg kan word.

Ek wonder hoeveel Amerikaners selfs wéét dat die Grondwet die hoogste wet van die land is. Dit is soortgelyk aan hoe die Tien Gebooie die hoogste wet van God is en die fondament van die hele Bybel. Dit werk pragtig as jy dit net aanwend. Maar radikale linkses haat die hoogste wet van die land.

Barack Obama het die Amerikaanse Grondwet as "'n handves van negatiewe vryhede" gekritiseer en dit verouderd genoem. Liberale in die akademie, die media en in die regering glo dat regeringsamptenare die beperkings wat deur die Grondwet opgelê word, moet verwerp. Amerika se stigters het daardie beperkings opgelê om tirannie te voorkom!

Die regering vernietig die grondwet van die land en sê vir ons: Ons het nie daardie ou wet nodig nie. Ons weet wat geregtigheid is. Jy kan ons vertrou! Sulke redenasies baan die weg vir tiranne! En elke tiran is 'n werktuig van die duiwel.

Die tweede wysiging

Die wettelose ingesteldheid van radikale Demokrate word blootgelê deur hul standpunt oor wapenbeheer. Hulle haat die Tweede Wysiging en wil die Grondwet vernietig. Elke keer as daar 'n massaskietery is, selfs voor enige feite oor die situasie uitkom, begin hulle dadelik druk vir ‘n wapenverbod. Baie van hulle wil nie net die koopouderdom verhoog of die verkoop van 'n paar soorte vuurwapens beperk nie; hulle wil hierdie maatreëls instel op hul pad om alle vuurwapens in private besit te konfiskeer. Dit sal hulle met al die vuurkrag laat.

Hierdie aanval op burgers se regte en die oppergesag van die reg kap aan die pilare van ons nasie.

Op 14 Desember 2012 het 'n jong man genaamd Adam Lanza twintig, (komma) 6-tot-7-jarige kinders in Newtown, Connecticut, vermoor. Hy het 'n paar ernstige geestelike probleme gehad; hy het amper soos 'n jong meisie gelyk; sy ouers is geskei; hy het by sy ma gewoon, en sy pa was nie betrokke nie. Byna elke keer wanneer 'n tragedie soos hierdie gebeur, is daar 'n wanfunksionele gesin in die agtergrond. Sonde in ons gesinne kan katastrofiese gevolge hê.

Maar wat is die oplossing, volgens die radikaal-linkse politici en die media? verban die vuurwapens.

Op 16 Januarie 2013 het President Obama 23 uitvoerende aksies oor wapenbeheer onderteken. Toe hy daardie bevele onderteken het, het hy hom omring met kindertjies wat briewe aan hom geskryf en gevra het, Meneer die President, sal u asseblief iets aan die geweld in skole doen? Wie wil met hom debatteer as hy kinders oral om hom het?

In November 2015, nadat die sokkerspeler Jovan Belcher sy meisie vermoor en toe selfmoord gepleeg het, het Bob Costas op 'n NFL-uitsending op NBC gesê dit sou nie gebeur het as Belcher nie ’n vuurwapen gehad het nie. ’n Lynstaanspeler is groot genoeg dat hy haar sonder ’n wapen kon doodgemaak het. Maar hulle gaan agter vuurwapens aan.

Daar word vir my gesê dat NBC van die bloedigste flieks op televisie het. Tog sê hulle vir Amerikaners om van die vuurwapens ontslae te raak. Hoekom begin ons nie om van die bloedorstige televisieprogramme ontslae te raak nie? Is dit moontlik dat dit 'n groter probleem is?

Meneer Obama en die linkses is so gretig om vuurwapens te verbied. Maar wat doen hulle om te keer dat dwelmkartelle inbreuk maak op Amerika? In die Fast and Furious-skandaal het prokureur-generaal Eric Holder swaar wapens aan kartelle gegee en spoor van hulle verloor. Wat van die stop van die dwelmoorloë tussen bendes in Amerika se groot stede? Wat se sukses het Mnr. Obama ooit gehad om te verhoed dat Chicago, sy tuisdorp, die moordhoofstad van die land word?

Die radikale linkses wil die vuurwapens van wetsgehoorsame mense vat. Hulle weet die misdadigers is nie bereid om hul vuurwapens prys te gee nie.

Die Tweede Wysiging in die VSA beskerm die mense se reg om wapens te dra, maar waarvoor? Linkses tree op asof die doel daarvan is dat Amerikaners kan uitgaan en takbokke skiet.

Dit is glad nie die rede vir die Tweede Wysiging nie. Die hoofpunt was om die burgers te beskerm teen die regering se magsmisbruik. Die regering kan dalk besluit om oor te neem, en as u nie vuurwapens of iets het om jouself mee te verdedig nie, wat gaan u doen (tensy u God se beskerming het)?

Hoekom sal die radikale liberaliste dit nie erken nie? Dít is die werklike wêreld waaruit ons Stigtersvaders gekom het! Dít is die werklike wêreld vandag. Maar die liberale linksgesindes verwerp en bespot selfs die gedagte van regeringsinmenging. Ag asseblief! sê hulle. Dit sal nooit gebeur nie!

Kan ons nie die gevaar sien in 'n regering wat nié deur die wet beperk word nie, wat sy burgers ontwapen terwyl hy hom swaar bewapen met militêre wapens, spioenasietoerusting en selfs hommeltuie en dan geregverdig voel om dit na willekeur te gebruik?

Mag misbruik deur regerings is roetine in die menslike geskiedenis, en hulle weet dit. Hoekom is hulle so bedrieglik? Is dit omdat hulle ’n bybedoeling het? Laat ons nie naïef wees en dink so iets kan nooit hier gebeur nie. Ons voorvaders was nie dom nie. Hulle wou Amerikaners se vryheid waarborg. Hulle het geweet dat God 'n God van vryheid is; Hy wil hê ons moet vry wees. Dit is 'n gawe van God, en hulle het dit verstaan!

Onthou u hoe ons ons vryhede verkry het? Baie mense het gebloei en baie mense het gesterf om ons die vryhede te gee wat ons vandag het. As hulle hulself nie bewapen het, die dood in die gesig gestaar en selfs vir Amerikaners gesterf het nie, sou hierdie land soos die meeste ander in die geskiedenis gewees het: onderdruk deur tiranne.

“Jode word verbied om vuurwapens en ammunisie, sowel as knuppels of steekwapens te bekom, te besit en te dra. Diegene wat nou wapens en ammunisie besit, moet dit dadelik aan die plaaslike polisie-owerheid oorhandig. Wie opsetlik of nalatig die bepalings oortree, sal met gevangenisstraf en ’n boete gestraf word.”

Dit is 'n uitvoerende bevel van 1938, net voor die Tweede Wêreldoorlog, onderteken deur Adolf Hitler. Hy het die Jode ontwapen as 'n voorloper om hulle te beheer, hulle bymekaar te maak en hulle te elimineer.

Massa-skietery is walglik. Maar wat my sieker maak, is iemand wat sulke slagtings gebruik om 'n tirannieke politieke ideologie te bevorder! Ek is siek oor uitvoerende bevele wat die Grondwet omseil en deur 'n president wat die wet tersyde skuif en doen wat hy wil! Ek is ontsteld oor 'n Amerikaanse president wat soos Antiochus optree.

Ignoreer die Grondwet

Gedurende Obama se presidentskap het sy regering toenemend astrant geraak deur selfbeheersing opsy te skuif en sy wil op die publiek af te dwing.

In 2010 het die president sy gesondheidsorgplan as wet onderteken, alhoewel die meeste van die mense gesê het dat hulle dit nie wou hê nie, nie een Republikein daarvoor gestem het nie, en die Hooggeregshof een stem weg daarvan was om dit af te breek. Alhoewel die administrasie belowe het om altyd deursigtig te wees, het dit al sy besluite agter geslote deure geneem en ons verseker: Moenie bekommerd wees nie, ons sal daarvoor sorg. Ons weet wat goed is vir jou. Maar hulle weet nie wat goed is vir ons nie. Daardie wetsontwerp het baie meer probleme geskep as wat dit kwansuis opgelos het. Maar hierdie leiers erken nooit foute nie. Hulle vra nooit om verskoning nie. En hulle gee nooit gesag terug as hulle dit eers geneem het nie.

In 2011 het president Obama onwettig 'n militêre offensief in Libië van stapel gestuur sonder om die Kongres te raadpleeg. Een verteenwoordiger het gesê deur eensydig die nasie se militêre swaard te swaai, het die president die wetgewer effektief "gekastreer"; 'n ander het dit "'n belediging van ons Grondwet" genoem. Agterna, het Libië meer met Iran, die wêreld se voorste staatsborg van terrorisme geïdentifiseer. Het daardie uitvoerende besluit 'n goeie uitkoms gehad?

President Obama het federale agentskappe opdrag gegee om op te hou om sekere immigrasiewette toe te pas. In 2014 het hy 'n reeks uitvoerende aksies oor immigrasie onderteken sonder om deur die Kongres te gaan, aksies wat een of ander vorm van amnestie aan byna 5 miljoen onwettige immigrante verleen het. Howe het later beslis dat dit ongrondwetlik was. Tog het hierdie besluite die betekenis van Amerikaanse burgerskap ondermyn en die land se demografie permanent verander. Natuurlik stigmatiseer linkses enigiemand as rassisties wat dit nie vier nie.

Hierdie is maar net 'n paar van die vele kere wat Barack Obama die reëls verbreek, sy amp oorskry, grondwetlike kontrole op sy mag ontduik het en die oppergesag van die reg geërodeer het. Hulle laat my dink aan die ou fabel oor die padda in die pot: Skakel die stoof aan en verhit die water stadig genoeg, en voor hy besef wat gebeur, het die padda doodgekook.

Barack Obama het 'n kultuur van wetteloosheid binne die regering aangemoedig. Baie amptenare het meer en meer vrymoedigheid gekry om te doen wat hulle voel reg is, ongeag van, selfs in weerwil van die wet.

Dit is nie moeilik om terug te kyk na hierdie voorvalle as progressiewe stappe wat gelei het tot die uitbarsting van wetteloosheid wat die presidensiële verkiesing van 2020 ondermyn en omvergewerp het nie.

Cass Sunstein was die hoof van die Kantoor van Inligting Regulerende Aangeleenthede tydens Obama se eerste termyn, 'n pos met baie mag. In een van sy boeke het Sunstein eintlik geskryf dat Amerika baie beter daaraan toe sou wees as dit demokrasie met tegnokrasie vervang—heerskappy deur 'n elite-groep goed-opgeleide tegnokrate. Die kwessies is te ingewikkeld vir die meeste mense om te verstaan, het hy gesê. Een kongreslid het oor Sunstein se siening gesê: "Daardie siening is oor die administrasie versprei."

Watter soort regering is dit? Amerika se stigters het mag onder die afdelings versprei en leiers verantwoordbaar aan die mense gemaak. Wil u hê ons land moet bestuur word deur 'n paar magtige, ontoerekeningsvatbare tegnokrate wat soos Sunstein en die radikale rondom Obama dink? Dit is presies die regeringsvorm wat Joseph Stalin gebruik het! Hy het sowat 30 miljoen van sy eie mense gesuiwer en vermoor! In vergelyking met hom het Hitler mak gelyk. Dit is wat met so 'n regering kan gebeur.

Natuurlik dring hierdie amptenare daarop aan dat hulle met sulke mag vertrou kan word. Die waarheid is dat ons geen vertroue in die duiwel moet hê nie – en dit is waaroor dit werklik gaan.

Militêre Magte onder Aanval

Die manier waarop president Obama die oppergesag van die reg, en selfs polisiëring en wetstoepassing, ondermyn het, het sy wettelose doelwitte blootgelê. Hierdie ambisie het 'n gevaarlike uitvloeisel gehad in 'n ander diaboliese daad—een wat byna geen aandag gekry het nie: As president het Obama Amerika se militêre leierskap verwoes.

Gedurende sy eerste vyf jaar het Obama in die amp van president byna 200 generaals en baie ander hooggeplaaste offisiere uit hul posisies gedwing. Hy het eenvoudig die leierskap van ons gewapende magte afgebreek en vervang. Hoekom?

Verskeie afgetrede generaals het beslis geweet wat aangaan. Presidente verander dikwels sommige top militêre personeel, maar hierdie manne het wat Obama gedoen het 'n “suiwering” genoem. Afgetrede weermag-majoor-generaal Patrick Brady het gesê: "Daar is geen twyfel dat hy van plan is om die militêre magte te emaskuleer nie." Afgetrede vlootkaptein Joseph John het gesê: "[D]ie Amerikaanse weermag is al vyf jaar onder meedoënlose aanval deur die bewoner van die Amerikaanse presidensiële kantoor." (World Net Daily, 4 Nov. 2013). Afgetrede weermag-majoor-generaal Paul Vallely het aan Investor's Business Daily gesê dat Obama "opsetlik besig was om verwoesting te saai in ons weermag, en die Pentagon, asook ons as supermag status te verswak, en enigiemand in die geledere wat nie saamstem nie of wat uitgesproke hieroor is, word verwyder." (29 Okt. 2013). Ja, dit was presies sy doelwit!

President Obama het Amerika se gewapende magte op baie maniere verswak: deur die verdedigingsbegroting en wêreldwye ontplooiings te verminder, sowel as om identiteitspolitiek en diversiteitskwotas bó oorlogmaakvermoë te prioritiseer. Maar die likwidasie van leiers was miskien die dodelikste.

Maak nie saak hoe magtig, veeltallig of gesofistikeerd die militêre dienste is nie, indien dit ’n gebrek lei aan sterk leierskap, kan dit niks bereik nie.

Die mense wat Obama tot hierdie bevelvoerende posisies verhef het, het politieke korrektheid, rasse- en geslagskruistogte en ander verregaande oorsake geprioritiseer wat daartoe gelei het dat Amerika se weerbaarheid uitgeroei is. Hulle het Obama ondersteun deur transseksueele in die weermag toe te laat. Hulle het hulpbronne gerig tot die bevordering van radikaal-linkse idees in die buiteland eerder as om Amerika se belange te beskerm en die wêreld te beveilig.

Hulle doel was nooit om soldate op te lei om hul land lief te hê en te veg en selfs te sterf om hul land te red nie. Dikwels het hierdie leiers soldate opgelei om hul eie land te haat!

Hierdie skuiwe was nie bloot daarop gemik om "Amerika fundamenteel te transformeer nie", maar om Amerika fundamenteel te vernietig.

Toe Donald Trump president geword het, het hy gewerk om Amerika se militêre mag te herstel. Maar selfs hy was teleurgesteld met die swak kwaliteit van baie van die leiers onder sy bevel.

Die oomblik dat Joe Biden die presidentskap aanvaar het, het hy dadelik die waansin van die Obama-era hervat. Hy het beamptes beveel om daarop te fokus om “rassisme” en “regse ekstremisme” uit die geledere uit te wis. Sy administrasie het "gratis geslagsveranderingsoperasies" aangebied, asof dít hulle beter soldate sou maak. Leeslyste vir matrose en soldate bevat boeke wat hulle in anti-Amerikaanse denke indoktrineer. In 2021, toe een luitenant-kolonel 'n boek geskryf het wat onthul hoe Marxisme die militêre elite besmet het, is hy onmiddellik afgedank. Vorige generasies soldate het hul lewens opgeoffer om die ideologie te verslaan wat hierdie generasie soldate in ons militêre akademies geleer word!

Hierdie besluite deur Amerika se leiers het dodelike gevolge. Wat gebeur wanneer militêre bevelvoerders meer toegewyd is aan die bevordering van radikale idees as om die land te verdedig? Wat gebeur as hulle nie eers glo in die ideale van die nasie wat hulle verteenwoordig nie?

Dit vervul dramaties die profesie in Jesaja 3:1-3, waar God belowe om Amerika te vervloek deur “die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste; die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman…” en ander effektiewe leiers. Waarheen is jy op pad wanneer jy beroof is van sterk, eerbare, wetsgehoorsame leierskap?

Skandaal Na Skandaal

In een van sy laaste amptelike optredes as president het Obama genade verleen aan Oscar López Rivera, wat aan 'n Marxistiese terreurorganisasie behoort het. Die redakteur van die Federalist, Ben Domenech, het op Substack geskryf dat López “’n klein leër van terroriste gewerf en opgelei het om sy mede-Amerikaners te vermoor. Hy het bomfabrieke gebou. Hy het jongmense geleer hoe om toestelle te maak wat doodmaak en vermink...Toe hy verhoor is, het hy erken dat hy alles gedoen het waarvan hy beskuldig is—hy het geen berou getoon nie.” Tóg het Obama hom genade verleen.

Dit tipeer die werk van Antiochus. Dit is wetteloos. Dit laat kragte van haat en geweld los. Dit werp die waarheid op die grond neer. En dit vermom ditself as barmhartigheid en vriendelikheid.

Om so 'n man aan die stuur in Amerika te hê, het bittere beproewing opgelewer. Die skandalige dade wat hy en sy administrasie gepleeg het, is te lywig om te tel. Hier is egter 'n kort lys:

  • Weiering om buitelandse skenkers aan sy veldtog bekend te maak

  • Skielik keer sy standpunt oor homoseksuele "huwelik" om

  • Weiering om behoorlik uitgevaardigde wette oor huwelike en immigrasie af te dwing of aktief dit te probeer stop

  • Verdubbeling van die tekort (hier moet ’n ander manier wees om dit te se.)

  • Kom baie na aan die verdubbeling van die nasionale skuld wat deur die 43 voorafgaande presidente saam opgehoop is

  • Erosie van die gemiddelde Amerikaner se rykdom

  • Massiewe uitbreiding van voedselseëls en welsyn

  • Administrasiepersoneel en -agentskappe wat geheime e-posrekeninge gebruik

  • Om miljoene in staatskontrakte aan kamerade te oorhandig

  • Die departement van justisie se organisering van rasseprotes

  • Die druk van seksuele perversie op ander lande af deur die Staatsdepartement

  • Spioeneer in hoë mate op joernaliste, lede van die Kongres en alledaagse Amerikaners

  • Withuispersoneel betrokke by 'n prostitusie-skandaal in Colombia

  • Inmenging in die FBI-ondersoek na Hillary Clinton se e-posse

  • Die ‘Veterans Affairs’-skandaal en toesmeerdery

  • Die Omgewingsbeskermings-agentskap, Maatskaplike Sekuriteitsadministrasie en ander federale agentskappe koop groot hoeveelhede wapens en ammunisie aan

  • Die aanprys van die Chinese kommunistiese stelsel

  • Die korrupte motorbedryf finansiële reddingsaksie

  • Weiering van 77 persent van die versoeke wat op die Wet op Vryheid van Inligting gemaak is

  • Die spandering van $36 miljoen aan regsgedinge om inligting geheim te hou

  • Die volharde indringinde druk vir openbare akkommodasie van transseksuele

  • Massiewe grondbeslagleggings

  • Spioenasie op die voormalige Israeliese premier Benjamin Netanyahu

  • Druk op Israel om nié Iran se kernprogram aan te val nie

  • Die ondertekening van die ‘New START’-verdrag wat Rusland bemagtig en die VSA verswak het (wat Rusland toe oortree het, met geen ooglopende gevolge nie)

  • Die onttrekking uit Irak wat die weg baan vir die terreur-regime van die Islamitiese Staat

  • Die stop van 'n ondersoek na die Clinton-stigting

  • Die toelating vir finansiële kwytskelding aan personeel en bondgenote van die Withuis

  • Die vereiste dat godsdiensgroepe vir aborsiemiddels betaal

  • Solyndra en ander stimulus-ontvangs mislukkings

  • Dagvaardiging van state en ander jurisdiksies vir die toepassing van die wet

  • Inmenging met en moontlike verkiesingsbedrog van sekere verkiesings

  • Die vrylating van vyf terroriste in Guantanamobaai in ruil vir die Islamis Bowe Bergdahl

  • Die Departement van Justisie weier hofbevele

  • Die Staatsdepartement ondersteun 'n boikot van Israeliese goedere

  • Befondsing van 'n politieke veldtog teen Netanyahu

  • Hulp om 'n Verenigde Nasies-resolusie teen Israeliese nedersettings op te stel

  • Israel verraai in die VN-Veiligheidsraad

Amerikaners moes met al hul krag alarm gemaak het oor hierdie gebeure!

Hoekom het die media, selfs die "konserwatiewe" media, nie Obama se wettelose, vernietigende optrede blootgelê nie? Sommige het bloot die moed ontbreek om op te staan vir ons grondwetlike republiek. Vele ander is self korrup en het die president se giftige anti-Amerikanisme aanvaar en ondersteun.

Om watter rede ook al, niemand het teen Barack Obama opgestaan nie.

Kommunistiese infiltrasie

In 1956 het Herbert W. Armstrong die ontluikende bedreiging van kommunisme in Amerika opgesom as “'n sielkundige oorlogvoering van propaganda, infiltrasie, ondermyning, demoralisering. Dit is ’n oorlogvoering wat ons verstand en ons morele en geestelike waardes aangeval het, eerder as ons liggame en ons aardse besittings.”

Mnr. Armstrong het gesê dat hierdie oorlogvoering eintlik in Bybelse profesieë beskryf word. "Dit is ’n tipe oorlogvoering wat ons nie verstaan of weet hoe om te hanteer nie," het hy geskryf. “Dit gebruik elke diaboliese middel om ons van binne af te verswak, ons krag te onderdruk, ons sedes te verdraai, ons onderwysstelsel te saboteer, ons sosiale struktuur te vernietig, ons geestelike en godsdienstige lewe te vernietig, ons industriële en ekonomiese mag te verswak, ons gewapende magte te demoraliseer, en uiteindelik, ná sulke infiltrasie, die omverwerping van ons regering met krag en gewelddadigheid!”

Dink ernstig ná oor daardie stelling. Kyk vandag na Amerika. Is daardie Kommunistiese doelwitte bereik? Moreel en geestelik is die volk onrein. Ons lei die wêreld in pornografie. Ons bevorder selfdegeslag "huwelike" en transgenderisme en sit druk op ander nasies om dit te omhels. God sê ons het vergeet hoe om te bloos! (Jeremia 6:15; 8:12). Godsdiens, waar dit beoefen word, gaan oor goedvoel selfhelp eerder as om God te gehoorsaam en volgens die Bybel te leef (Matthéüs 4:4). Ons onderwysstelsel produseer miljoene studente wat Amerika haat, lief is vir kommunisme en niks weet nie. Miljoene Amerikaners is afhanklik van finansiële staatshulp wat hulle aan die regering en hul menslike natuur verslaaf. Die nasionale skuld het verby $30 triljoen gevaar. Ons weermag is magtig, maar dit word aangewend deur swak, “woke” leiers. Selfs onder alledaagse Amerikaners is ons trotse mag verbreek (Levítikus 26:19).

Die Kommunistiese infiltrasie waaroor Mnr. Armstrong gewaarsku het, het gebeur. Ek maak nie daarop aanspraak dat ek weet tot watter mate die Kommuniste dit georganiseer het nie, of dat Mnr. Obama 'n Kommunistiese plan bevorder nie (alhoewel daar bewyse is wat daarop dui).

Maar ek weet wel van die duiwel! En ek weet hy doen alles in sy vermoë om Amerika te sink.

Ek het persoonlik gesien hoe hy 'n man wat hoog geleë was, 'n Antiochus, gebruik het om God se Kerk tot niet te maak. En ek het gekyk hoe Amerika se regering, wat regeer word deur 'n man met 'n verklaarde doel om die nasie fundamenteel te transformeer, die een stap ná die ander neem om hierdie land te verswak, en sodoende die vervulling van sommige van die mees skrikwekkende profesieë in die Bybel verhaas! En ek weet dat die duiwel, wat 'n leuenaar is en wat die wet haat, daaragter sit.

Die feit dat Amerikaners die Grondwet neergewerp het en wetteloosheid in hul huwelike, in hul regering en in hul beleid teenoor ander nasies aangemoedig het, het 'n besliste oorsaak. Die ergste daarvan spoor terug na die feit dat Satan en miljoene demone neergevel en tot die aarde beperk is (Openbaring 12: 9; sien Bylaag B). Dit maak 'n verstommende, verbysterende verskil in wat rondom ons gebeur.

Menige mense maak ’n bespotting oor die vraag of daar selfs ’n duiwel is –en dít, terwyl hy hulle uit mekaar skeur! Hulle ken God nie en verstaan ook niks van Satan nie. Totdat dit verander, sal hulle probleme net vererger.

‘Deur rede van oortreding'

Die ooglopende vraag ontstaan, waarom het God toegelaat dat so 'n verskriklike ding met Amerika gebeur? Die antwoord is in Daniël 8:10-12.

Soos ek verduidelik het, beskryf hierdie verse 'n Satan-geleide leër van demone wat vernietiging binne-in God se Kerk aanrig. En let op: Dit sê “in goddeloosheid”. Met ander woorde, die sondes van die mense het Satan sy opening gegee. Toe het hy reguit in die heiligdom gegaan, deur die leiers aan die hoof gewerk en die waarheid op die grond gewerp. Dit is hoe Satan God se Kerk vernietig het. Ek het dit voor my oë sien gebeur.

Sulke verwoesting kan nie onder die mense gedoen word nie. Dit kan net vanaf die hooggeplaastes gedoen word.

Nou is Satan en sy magtige leër van demone besig om die supermoondheid van eindtydse Israel op dieselfde manier te vernietig. Die waardes wat gehelp het om Amerika groot te maak, word neergewerp—van bo af.

En waarom? Dit is die deel wat baie mense miskyk of verwerp: Dit is “in goddeloosheid”: omdat daar soveel sonde binne-in die mense is. Dit is nie bloot 'n probleem van een hooggeplaaste man met 'n wettelose gees nie. Hy sou nooit die hoogtes van mag bereik het as dit nie vir 'n massiewe krisis van wetsverbreking regdeur die land is nie! Ons mense is deurdrenk met sonde van elke denkbare soort—en trots daarop!

Daar is gevolge vir sulke wetteloosheid. Dit is 'n duidelike beginsel wat van begin tot einde in die Bybel uitgespel word. Dít is hoekom God ons met so 'n vernietigende vloek straf. Baie mense bid vir God om ons teen hierdie sataniese aanval te beskerm. Maar daardie gebede word nie verhoor nie – as gevolg van ons sondes.

Jesaja het vandag oor ons volk geprofeteer: “Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.” (Jesaja 1:4)

Hierdie nasie het soveel seëninge gehad vir soveel jare. Maar dit is besig om vinnig te verander, en God waarsku ons dat dit ondenkbaar erger gaan word!

Let op die profesie in vers 7: “Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.” Dit praat van massiewe rasse-oorloë wat ons stede insluk! Amerika se stede gaan brand.

Dit sal die eindresultaat van hierdie aanval op die wet wees. Moenie onkundig wees oor Satan se planne nie. Jy kan sy vingerafdrukke oral oor sien met wat vandag gebeur.

Die oplossing vir hierdie probleme is om sataniese wetteloosheid te verwerp. Dit is om waarheid te verhef en te weier dat dit op die grond neergewerp word.

Selfs deur respek te toon vir en die bekragtiging van die Grondwet en die wette van die land sal die agteruitgang stop en baie van Amerika se ellende uitskakel. Maar ware, blywende herstel en vooruitgang sal slegs kom deur bekering tot God (Eségiël 33:11). Ons moet terugkeer daarna om die wet van God te eer en te gehoorsaam.

Aanbiding van die Wil

Die Tweede Wêreldoorlog het 'n ondenkbare 60 miljoen mense doodgemaak en van die ergste lyding in die geskiedenis veroorsaak. En dit is deur Adolf Hitler begin.

Hitler het geglo dat as jy 'n groot leuen vertel en dit gereeld genoeg herhaal, mense dit sal glo. Hy het in Mein Kampf geskryf, “ [I]n die groot leuen is daar altyd 'n sekere mag van geloofwaardigheid; omdat die breë massas van 'n volk altyd makliker in die dieper lae van hul emosionele aard verdorwe word as bewustelik of vrywillig; en dus word hulle in die primitiewe eenvoud van hul gedagtes makliker slagoffers van die groot leuen as die klein leuen, aangesien hulle self dikwels klein leuens vertel in klein kwessies, maar hulle te skaam sal wees om hul toevlug tot grootskaalse valshede te wend.”

Dit klink dalk vreemd, maar Hitler het dit met skrikwekkende doeltreffendheid gebruik. Hy het beweer dat die Duitse leër nie die Eerste Wêreldoorlog op die slagveld verloor het nie, maar eerder deur die Jode in die rug gesteek is. Daar was geen bewyse vir hierdie bewering nie, maar Hitler het dit herhaal totdat mense daarvoor geval het. Hy het die Versailles-verdrag geblameer en die Weste verantwoordelik gehou vir die politieke en ekonomiese onrus wat Duitsland se Weimar-republiek geteister het. Duitsers het Hitler begin glo, hom tot kanselier verkies en sy uitwissing op industriële skaal van sowat 6 miljoen Jode ondersteun.

Ons het nie uit hierdie geskiedenis geleer soos ons moet nie. Kan iets soortgelyks vandag gebeur? Kan iemand 'n politieke rewolusie aanwakker bloot deur 'n blatante leuen oor en oor en oor te herhaal totdat genoeg mense dit glo?

Kan dit in Amerika gebeur? Wel, dit het absoluut reeds in 'n skokkende mate gebeur!

Hermann Rauschning was president van die die vrye stad Danzig in Duitsland van 1933 tot 1934. Hy het kortliks by die Nazi-beweging aangesluit voordat hy daarmee kontak verbreek het. Hy het baie gesprekke met Hitler gehad wat hy later in sy boek genaamd Hitler Speaks neergeskryf het.

Hy het geskryf dat Hitler tydens hierdie gesprekke baie oor die sielkunde van leuens gepraat het. Rauschning het onthou dat Hitler by een geleentheid gesê het: “Wat jy vir mense wat in die massa in ’n ontvanklike toestand van fanatiese toewyding is, vertel, sal hulle bybly. Woorde wat onder ’n hipnotiese invloed ontvang word, is radikaal en onvatbaar vir elke redelike verduideliking.” Hy het ook onthou dat Hitler by ander geleenthede gesê het: “Ons is nou aan die einde van die Era van Rede”; "'n Nuwe era van betowerende interpretasie van die wêreld kom, van interpretasie in terme van die wil en nie van intelligensie nie"; "Daar is nie iets soos waarheid nie, hetsy in die morele of die wetenskaplike sin."

U moet besef hoe hierdie selfde gees die radikale linkses in Amerikaanse politiek deurtrek het.

Waar het Hitler daardie sielkunde van leuens vandaan gekry? Die antwoord is in Johannes 8:44, waar Jesus Christus van Satan die duiwel gesê het hy “staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.”

Rauschning het Hitler 'n "meester-betoweraar" genoem. Hitler het 'n intense fassinasie met okkultiese magie gehad. Baie van wat hy vir Rauschning vertel het oor "'n nuwe era van betowerende interpretasie" kom van die Duitse okkultis Ernst Schertel. Schertel se Magic: History, Theory and Practice was een van die sterkste mees geannoteerde boeke in Hitler se persoonlike biblioteek.

Hitler se aantekeninge sluit hoogtepunte in soos "die verskil tussen 'waar' en 'onwaar' het verdwyn," en "nogals baie word verkry met [magie]: naamlik die moontlikheid om...die wêreld volgens ons wil verander. Maar dit is towerkrag, en op grond hiervan is ons in staat om werklikheid te skep waar geen werklikheid is nie.”

Hitler het geglo hy hoef nie op rede, intelligensie, werklikheid, waarheid of God staat te maak nie. Instede het hy sy eie menslike wil aanbid en geglo dat hy sy eie werklikheid kon skep.

Bewustelik of onbewustelik glo baie mense vandag dieselfde ding. Hulle vertel leuens totdat hulle nié net diegene rondom hulle nie, maar ook hulself oortuig dat hulle reg is!

Ons sien onbeskaamde, blatante leuens word 'n groter en gróter deel van vandag se politieke landskap. Dit is verstommend hoe heeltemal onverskrokke ons leiers geword het deur dinge te sê wat duidelik, bewysbaar vals is. En in die seldsame gevalle wanneer hulle gevang en uitgeroep word, sê hulle dat hulle nooit daardie dinge gesê het nie, of hulle dring daarop aan dat wat vals is, eintlik waar is. Hulle is skaamteloos!

Is dit nie presies wat Hitler beskryf het nie? Hierdie mense glo dat as hulle iets sê, dit waar is! Hulle dink dat as hulle dit wil, dan moet almal hulle glo.

Dit is 'n seker teken van Satan se groeiende mag. Ons sien die werk van hierdie leuenagtige moordenaar op sy ergste! Hy is die vader van leuens; daar is geen waarheid in hom nie. Maar hy sal jou steeds met onbeskaamd in die oë kyk en daarop aandring dat alles wat hy sê die waarheid is!

Toe hy vir 'n tweede termyn ’n verkiesingsveldtog gevoer het, het Obama gesê: "Jy kan soms gefrustreerd wees met die tempo van verandering. Ek is ook soms gefrustreerd. Maar jy weet waar ek staan. Jy weet wat ek glo. Jy weet dat ek die waarheid vertel.” Dit was ’n reusagtige leuen!

Die konserwatiewe kommentator Glenn Beck het op die president se verklaring gereageer: “Dit is meer 'n oordeel oor Amerika en die persburo. Ek het nog nooit teruggekyk en my verwonder oor hoeveel mense vir leuens sal val en dit aanvaar, willens en wetens aanváár nie. Ek het dit nooit in my lewe gesien nie.”

Dit is omdat tye anders is! Jy kan nie hierdie soort ongekende openlike, onbeskaamde bedrog verduidelik tensy jy na die Bybel gaan en besef dat Satan neergewerp is en dat sy invloed groter as ooit is nie!

Dit is 'n verskriklik gevaarlike tendens: mense wat leuens gebruik om politieke ambisies te bereik, om 'n radikale agenda op ander af te dwing en om mense se lewens te vernietig.

Barack Obama word gevolg deur mense in die regering en in die media wat die wil aanbid, en hy domineer. Hierdie mense volg daardie wil! Inderwaarheid, Obama volg eintlik ook daardie wil. Hy en die ander besef nie dat hulle Satan se wil volg nie!

Massavorming Psigose

Een onmiskenbare voorbeeld van hierdie verskynsel is die manier waarop Amerikaanse politici op Kovid-19 gereageer het. Hulle het die bedreiging van die virus oordryf, ongehoorde magte aangeneem en dit gebruik om radikale maatreëls te tref wat honderde duisende besighede vernietig het, mense in hul eie huise toegesluit het, die opvoeding van miljoene kinders ontwrig het en mense teen mekaar gedraai het deur hulle aan te moedig om hul bure aan te meld—hulle het onberekenbare probleme veroorsaak. Toe het hulle eksperimentele entstowwe bevorder, selfs gemandateer dat indien mense hulle werk wil behou of selfs van basiese dienste gebruik wil maak, hulle ingeënt moet word. Hulle het die Handves van Regte vertrap. Hulle het waarheid gesensor en leuen op leuen vertel.

Tog het miljoene mense saam met hulle gegaan!

Dr. Robert Malone, wat gehelp het om die groot deurbraak in die mRNA-studie in 1988 te maak wat ook die grondslag gelê het vir die mRNA-tegnologie wat in miljoene Kovid-19-entstof inspuitings gebruik word, het die samelewing se reaksie vandag vergelyk met wat in Duitsland gedurende die 1920's en '30's gebeur het. Daar het jy 'n “baie intelligente, hoogs opgevoede bevolking gehad, en hulle het heeltemal dol geword. En hoe het dit gebeur? Die antwoord is massavorming psigose,” het hy op 3 Januarie 2022 aan Joe Rogan gesê.

"Wanneer jy 'n samelewing het wat van mekaar ontkoppel geraak en onbeheersde angs het sowel as 'n gevoel dat 'dinge nié sin maak nie, ons kan dit nie verstaan nie'—en dan word hul aandag gefokus deur 'n leier of ‘n reeks van gebeure op een klein puntjie—net soos hipnose, word hulle letterlik gehipnotiseer, en kan hulle enige plek gelei word,” het hy gesê. Dr. Malone het gesê 'n gewetenlose leier kan daaruit voordeel trek om sy mense te kry om enigiets te doen.

“Dit maak nie saak of hulle vir hulle gelieg het of wat ook al nie. Die data is irrelevant,” het hy voortgegaan. “En bowendien moet enigiemand wat daardie narratief bevraagteken, onmiddellik aangeval word. Hulle is die ‘ander.’ Dit is sentraal tot massavorming psigose. En dit is wat gebeur het.”

Daar is 'n definitiewe rede hoekom massas mense waansinnige dinge gedoen het en steeds bly doen. Dit spruit voort uit mense wat op hulle eie wil vertrou—wat emosies, drange en selfs hul eie redenasies as verhewe beskou en staatmaak daarop—eerder as om hulle aan God se wil te onderwerp.

Die apostel Paulus het oor hierdie onderwerp geskryf: Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele [duiwels, moet dit lees], en indring in wat hy nie [gesien] het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid... wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens...” (Kolossense 2:18, 23).

Dit is presies waarvan Hitler gepraat het: die aanbidding van die wil. Hy het gepraat van "magiese interpretasie ... in terme van die wil." Hitler het in werklikheid gesê: Dít is hoe dit nou werk: Jou logika, feite, bewyse en waarheid sal ons nie keer nie. Ons volg vandag 'n "magiese interpretasie" ná. Wil aanbidding is immuun teen waarheid. Dit dring daarop aan dat daar geen absolute waarheid is nie. Moenie na die Bybel kyk vir antwoorde nie; jy kan 'n magiese interpretasie van dinge hê. Die implikasie is, volg net óns wil!

Paulus openbaar wat gebeur wanneer jy die menslike wil aanbid: Dit lei tot die aanbidding van demone! Dit is omdat die menslike verstand so kwesbaar is vir die uitsending, misleiding en invloed van die “die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,” Satan die duiwel (Efésiërs 2:2). Dit is veral waar van 'n verstand vol ydelheid, soos Satan s'n is.

Om die menslike wil te volg, beteken rêgtig om Satan se wil te volg!

Wanneer mense God se waarheid verwerp, begin hulle hul eie opinies aanbid. Hulle begin soos Satan dink. Wanneer hierdie tipe denke genoeg ingegrawe raak, hou mense op om selfs om te gee oor die verskil tussen waarheid en leuens. Hulle begin om magies te probeer "werklikheid skep waar geen werklikheid is nie." As ons dít toelaat sal Satan se uitsaaiing maak dat ons immuun raak teen logiese beredenering.

Dit is die nuwe era waartoe Hitler gewerk het. Dit is die wêreld wat Satan wil hê.

Hierdie invloed het Amerika se politieke toneel oorgeneem.

Kan u dit herken?

Paulus het gewaarsku om nie toe te laat dat enigiemand jou op hierdie manier mislei nie: “Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” (Kolossense 2:8). Die Good News Bible vertaal die uitdrukking “volgens die eerste beginsels van die wêreld” as “heersende geeste van die heelal”. Thayer's Lexicon sê dit beteken "om in te val, van boosheid wat onder mense ontstaan en hul krag begin uitoefen ..."

Wat is die aanbidding van die wil? Dit beteken om deur die demoniese wêreld regeer te word! Dit is waarteen Paulus in Kolossense 2 gewaarsku het.

Daar is 'n bose geesteswêreld. Daar is gees wesens, en hulle het werklike mag! Jy kan nie op enige ander manier verduidelik wat met die Duitsers in die 1930's of die Amerikaners in die 2020's of ander sulke episodes in die geskiedenis gebeur het nie.

Die Woord maak hierdie werklikheid uiters duidelik. Lees die Evangelies en u sien dat Jesus Christus dikwels demone uitgedryf het. Waar het daardie demone heengegaan? Hulle het nie gesterf nie. Miljoene van hulle is neergewerp en beperk tot hierdie aarde saam met Satan die duiwel (Openbaring 12:7-12).

As u nie in God se Woord gegrond is nie, is u, soos Hitler gesê het, “makliker in die dieper lae van [u] emosionele aard verdorwe.”

Bybelprofesieë toon dat wilsaanbidding tot hewige, intense lyding gaan lei—selfs erger as in die Tweede Wêreldoorlog. Die enigste manier om die verwoestende katastrofes wat geprofeteer is om Amerika te verswelg te ontsnap, is om geanker te wees in waarheid – gebaseer op die Woord van God.

Word vervolg ...