Ontvang elke weeksdag 'n gratis brief in u Inboks-die Basuin Brief

Barack Obama—Fundamentele Hervorming van Amerika

ISTOCK.COM/CACTUSOUP, MELISSA BARREIRO/DIE BASUIN

Barack Obama—Fundamentele Hervorming van Amerika

Aanslag op Amerika (Hoofstuk Een)

Vervolg vanaf "Die Onsigbare Aanvaller"

20 Januarie, 2017 was Barack Obama se laaste dag in die Amerikaanse presidensiële kantoor. Hy het daardie dag ‘n handgeskrewe boodskap vir die inkomende president, Donald Trump, gelaat. Hy het geskryf dat Amerika se presidente die “bewaarders van daardie demokratiese instellings en tradisies is—soos die oppergesag van die reg, skeiding van magte, gelyke beskerming en burgerlike vryhede—waarvoor ons voorvaders geveg en gebloei het. Ongeag die geheen en weer van die daaglikse politiek, is dit ons verantwoordelikheid om daardie instrumente van ons demokrasie ten minste so sterk te laat as wat ons hulle gevind het.”

Mnr. Obama se nota het edel en opreg geblyk. Dit is deur menige politici en joernaliste so behandel. Dit is egter een van die mees diaboliese en skynheiligste boodskappe wat ooit deur ‘n Amerikaanse president geskryf is.

Barack Obama het in sy agt jaar as president presies die teenoorgestelde gedoen van wat hy vir Mnr. Trump gesê het: om sy agenda vir die afwatering van daardie einste demokratiese instellings en tradisies te bevorder, in sy strewe na sy hoogste doelwit om “die Verenigde State van Amerika fundamenteel te hervorm”.

Nadat hy sy amp verlaat het, het Mnr. Obama voortgegaan om hierdie doel na te streef. Hy was aan die voorpunt in die poging om skade te doen aan Donald Trump se agenda “Maak Amerika Weer Groot”, verdere pogings sluit in, onwettige spioenasie op hom sowel as om hom twee maal in ‘n staat van beskulding te laat plaas. Hy het die radikale linksgesindes se verraderlike stryd om Mnr. Trump ten alle koste te verhoed om weer verkies te word, bestuur.

Die Verenigde State het op Verkiesingsdag, 3 November 2020, sy grootste politieke krisis ooit betree. Ten einde Joe Biden president te maak, het die radikale linksgesindes die nasie se stemstelsel flagrant gemanipuleer.

Aanvanklik het die hoofstroom media, moontlik die helfte van die burgers, meeste van die nasie se politici (Demokrate en Republikeine) en baie van die res van die wêreld geglo of ten minste hulle gedra asof Mnr. Biden wettiglik as president verkies is met die amptelike totaal van 81 miljoen stemme.

Dit was egter ‘n reuse leuen. Hope getuienis bewys dat die verkiesing gemanipuleer was. By hofverhore in verskeie state het honderde getuies eerstehandse verklarings gelewer van wydverspreide stembedrog. Duisende getuies het beëdigde verklarings afgelê en geteken wat daarvan getuig. Wetenskaplikes en data-analiseerders het die getalle ondersoek en van die statistiese onmoontlikheid van sommige van die amptelike stemtellings getuig. Elektroniese stemmasjiene en sagteware is geoudit en het oneerlike aktiwiteite blootgelê. Sekuriteits videobandopnames en selfoon geoliggingdata het stembrief “muile” getoon wat stapels stembriewe in onbemande stembusse geprop het, soms in die middel van die nag. Menige van daardie mense het hul identiteit met maskers en hul vingerafdrukke met weggooibare handskoene verdoesel asook hulself met die stembriewe by die onbemande stembusse afgeneem om te verseker dat hulle vir hul misdaad vergoed sal word.

Die 2020-verkiesing is geskaak, en dit het Amerika se hele verkiesingstelsel in puin gelê. Dit is alles as gevolg van die radikale linksgesindes se onbeteuelde aanslag op Amerika se “demokratiese instellings en tradisies,” INSLUITENDE DIE GRONDWET EN DIE OPPERGESAG VAN DIE REG. Duisende mense en instellings was direk of indirek daarby betrokke. Bykans al Amerika se vooraanstaande media-organisasies en persoonlikhede was aandadig, sowel as die invloedryke tegnologie maatskappye en menige van die nasie se vooraanstaande politici.

Hierdie uitgestrekte netwerk van leuens, korrupsie en wetteloosheid wys egter alles terug na een man: Barack Obama.

Soos ons sal sien, sou hierdie epiese skandaal nooit plaasgevind het as dit nie was vir Obama se leierskap van die Demokratiese Party en die radikale linksgesindes nie. Daar is ook bewyse dat hy nié net van die sameswering om die 2020 verkiesing te verdraai bewus was nie, maar dat hy ook direk of indirek diegene wat die toutjies getrek het, gelei het.

Baie het hierna as ‘n voortdurende staatsgreep verwys—‘n onophoudelike opstand teen Amerikaanse konstitusionele regering—en hulle is reg. Hierdie staatsgreep was deur Barack Obama begin vóórdat hy in Januarie 2017 uit sy amp getree het. Selfs terwyl hy daardie “mooi” boodskap aan Donald Trump geskryf het waarin hy hom opdrag gegee het om demokrasie en die oppergesag van die reg te beskerm, WAS HIERDIE MAN BESIG OM PLANNE TE SMEE OM MNR. TRUMP TOT ‘N VAL TE BRING EN DIE RADIKALE LINKSGESINDES NA DIE WITHUIS TE LAAT TERUGKEER!

Ek wil wys hoe die 2020 verkiesingskrisis Mnr. Obama en sy naaste bondgenote ontmasker. Na Verkiesingsdag was die korrupsie in Amerika se politiek en verkiesingstelsel dramaties ontbloot. Dit het ‘n verstommende neiging tot wetteloosheid in hierdie nasie aan die lig gebring.

Van meer belang, openbaar hierdie krisis die onsigbare maar kragtige mag agter Mnr. Obama en die radikale linksgesindes en dit beklemtoon ‘n kritieke Bybel profesie. Om Barack Obama, die 2020 verkiesing en Amerika se onmiddellike toekoms te verstaan, moet u hierdie profesie verstaan.

Voordat ons daardie bewyse ondersoek, kom ons kyk egter verder terug in die storie.

Barack Obama is anders as enige ander president wat Amerika al ooit gehad het. Sy openbare persoonlikheid is gevorm deur sy drie lewensbeskrywings, wat die media op sigwaarde aanvaar het. Daar is egter heelwat onrusbarende waarhede oor sy kinderjare en vroeë volwassenheid wat hy nie in daardie outobiografieë noem nie, wat bekend gemaak en ondersoek moes gewees het toe die Amerikaanse volk hom vir die nasie se magtigste amp oorweeg het. Dit is verstommend hoeveel van sy lewe deur die media versteek of verdraai is voordat hy president geword het. Dit is asof Amerikaners nie toegelaat was om die man te ken wat binnekort hul leier sou word nie.

Tragiese Kinderjare

Obama se verhaal is op vele wyses tragies. Sy biologiese vader was ‘n vrouejagter van Kenia wat hy slegs eenkeer ontmoet het en wat hom verlaat het toe hy nog ‘n baie klein kind was. Jare later, het sy ma hom ook verlaat en hom by sy grootouers gelos. Hy het ‘n baie hartseer kindertyd gehad. Hy was ‘n kwesbare en emosioneel verwaarloosde seun. Hy was verward en kwaad, op soek na vader en moederfigure.

In sy biografie Rising Star: The Making of Barack Obama, skryf David Garrow dat in 1970, toe Obama 9 of 10 jaar oud was, het sy ma ‘n “24-jarige openlik homoseksuel, soms transvestiet … gehuur om beide kok en kinderoppasser te wees.” Hierdie kinderoppasser het probeer verhoed dat die jong Obama hom nie in vroueklere sien nie, maar hy het grimering voor hom aangesit.

Tydens sy tienerjare, het Obama se moeder in Indonesië gewoon en hy het by sy grootouers in Hawaii gewoon. Garrow merk op dat Obama se hoofuitdagings as kind niks met ras te doen gehad het nie; Hawaii is een van die mees kultureel diverse plekke in Amerika. Meeste van Obama se hoërskool vriende beskryf Obama se woede as iets wat meer te doen gehad met die tekort aan ouerliefde. Een van sy naaste vriende het verklaar, “Obama se ouers was ‘n ‘totale en volledige raaisel.’ Obama het nooit oor hulle gepraat nie, het hy onthou: ‘ek het niks omtrent sy pa geweet nie en kan nie sê dat ek geweet het dat hy ‘n ma het nie.’”

Tydens sy junior jaar van hoërskool, was Obama ‘n lid van die “Choom Bende,” ‘n Hawaiise slengterm vir dagga rokery. Dit was bekend dat Obama dagga gerook het, maar die media het die waarheid omtrent hoe kwaai hy hierdie dwelm tydens sy voorbereidingsjare gebruik het, onderdruk. Hy en sy vriende het byna daagliks dagga gerook en wanneer hul dit kon bekostig, met kokaïen en heroïen geëksperimenteer.

Die groep se dwelmhandelaar was ‘n homoseksueel genaamd Ray Boyer. Obama en sy vriende het na hom verwys as “Gay Ray.” Ray het in ‘n bus in ‘n verlate pakhuis gewoon. Hy was baie lief vir pornografie. Een van Obama se vriende het onthou hoe “Gay Ray” hulle onder die invloed van die dwelms gekry het en daarna het hulle saam pornografie gekyk.

Obama se hoërskool jaarboek het aan elke graduerende senior ‘n kwart bladsy gegee om te gebruik soos hulle wil. Obama se vriende het verwysings na hul kapriolle ingesluit en die groep opgeteken deur die voorletters van elke lidmaat te skryf. Op Obama se bladsy het hy, benewens om sy vriende te erken, ook Ray genoem.Garrow skryf dat, “Obama alleen, van al die Choom Bende, hul eienaardige, homoseksuele, pornografie-wysende dwelm handelaar by naam uitgewys en hom bedank het ‘vir al die goeie tye.’”

Dit is skrikwekkend om ‘n jongman aan sulke vernietigende invloede bloot te stel. Die Bybel beskryf ‘n tyd in Ou Testamentiese Israel van sulke korrupsie dat die mense hul eie kinders geoffer het (bv. 2  Konings 17:17; Psalm 106:37-38; Jeremia 7:31; 19:5). Hoe onbeskaaf en barbaars! Tog sien ons hoe ouers vandag effektief dieselfde ding doen: Mense offer hul kinders moreel, verstandelik en geestelik op deur hul aan allerande bose invloede bloot te stel. Of hulle dit besef of nie, hulle is besig om hul kinders aan dodelike aanvalle van die duiwel bloot te stel.

Wanneer iemand sulke kinderjare het, kan Satan dit uitbuit. Die vrugte dui sterk daarop dat Satan dit op ‘n besondere manier in die geval van jong Barack Obama uitgebuit het.

Rassisme, Kommunisme

Een van die mense wat die meeste invloed op jong Obama gehad het, was sy oupa aan moederskant se swart vriend, Frank Marshall Davis. Davis was letterlik ‘n kaart-draende Kommunis. Hy was vir etlike jare tydens die 1940’s en ‘50s deur die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) onder bewaking gewees. Hy was ook ‘n digter en pornograaf. Obama se oupa het hom aangemoedig om direk met Davis te gesels.

Davis het Obama op die beproewinge van swart Amerikaners gevestig. Hy is grotendeels verantwoordelik vir die ontwikkeling van Obama se sienswyses aangaande ras en rasse-identiteit.

Die American Spectator het ‘n artikel oor Davis gedruk met die kwinkslag “Ontmoet die hardvogtige Kommunis wat die toekomstige 44ste president van die Verenigde State leiding gegee het” (Oktober 12, 2012). “Kortliks, Frank Marshall Davis se werke was verregaande,” het Paul Kengor geskryf. “’n Jeremiah Wright preek of Bill Ayers lesing is mak in vergelyking.” Bill Ayers is ‘n wit Amerikaanse sosialistiese terroris en ‘n vennoot van Mnr. Obama.

Obama het in sy eerste outobiografie meer as 20 keer vaagweg na Davis as “Frank”verwys, —verwysings wat hy later gesensor het. Hy is opsigtelik stil oor sy ontmoetings met Davis. Toe hy sy politieke loopbaan dekades later begin het, sou sy verhouding met Davis ‘n hindernis word. Obama het gesê die verhouding het niks beteken nie en dat hy hom slegs sowat 15 keer ontmoet het.

In 1980, het Obama die Occidental College in Pasadena, Kalifornië bygewoon. Tydens die somervakansie het hy na Hawaii teruggekeer en nog ‘n rasverwante keerpunt ervaar. Obama se wit ouma het een middag huistoe gekom nadat sy deur ‘n swart boemelaar afgeskrik was terwyl sy vir ‘n bus gewag het. Obama het Frank se advies aangaande die voorval gevra. Volgens Obama, het Frank aan hom gesê, “[J]ou ouma is reg om bang te wees...Sy verstaan dat swart mense ‘n rede het om te haat. Dis net hoe dit is. Vir jou onthalwe, wens ek dit was anders. Maar dit is nie. Dus kan jy net sowel daaraan gewoond raak.”

Obama het die volgende gesê nadat hy oor hul gesprek gereflekteer het, “Die aarde het onder my voete geskud, gereed om enige oomblik oop te breek. Ek het stilgestaan, myself probeer regruk, en vir die eerste keer besef dat ek totaal alleen was” (Dreams From My Father).

Dit blyk dat hierdie gesprek Obama se rassegewete ontwaak het. Obama het geen noemenswaardige rasverwante probleme tydens sy kinderjare ervaar nie, maar dit het hom nie gekeer om ras as ‘n politiese middel later in sy lewe te gebruik nie. Frank Marshall Davis was instrumenteel in die aanblaas van die vlamme van rasverwante griewe en die inspirasie vir die rasse agenda van die toekomstige president van die Verenigde State.

Obama het die volgende geskryf by Occidental College, “Om te verhoed dat ek verwar word met ‘n verraaier, (sinskonstuksie verander) het ek my vriende versigtig gekies. Die meer polities aktiewe swart studente. Die oorsese studente. Die Chicanos. Die Marxistiese professore en strukturele feministe en “punk-rock” opvoerings digters.” OBAMA HET ERKEN DAT HY MARXISTIESE PROFESSORE GEKIES HET. “Ons het sigarette gerook en leerbaadjies gedra. Snags in die koshuiskamers het ons neokolonialisme, Franz [sic] Fanon, Eurosentrisme en patriargie bespreek. Toe ons, ons sigarette in die gangmat uitgedoof of ons stereospeler so hard gestel het dat die mure begin skud, was ons besig om die Bourgeois-klas se versmorende beperkinge te weerstaan. Ons was nie onverskillig, roekeloos of onseker nie. Ons was vervreemd.” As ek daardie dinge gedoen het, sou ek sekerlik nie daaroor in ‘n boek spog nie.

Een van Obama se professors was Lawrence Goldyn, wat onderrig gegee het in vergelykende politiek. Goldyn was bekend op die Occidental kampus as die enigste openlike homosekuele professor. Garrow skryf dat baie jare later, toe hy gevra is oor sy perspektief aangaande homoseksuele aangeleenthede, Obama geantwoord het, “My gunsteling professor in my eerste jaar op kollege, was een van die eerste openlik homoseksuele mense wat ek geken het...Hy was ‘n fantastiese ou.” In latere onderhoude, het Obama sy “sterk vriendskap” met Goldyn bespreek en die wyse waarop hy “gemaklik in sy eie vel” was, bewonder. Garrow skryf dat hy “ietwat ontwykend aan sy eerste intieme meisie geskryf het dat hy oor homoseksualiteit gedink het en dit oorweeg het, maar het uiteindelik besluit dat ‘n homoseksuele verhouding minder uitdagend of veeleisend sou wees as om een met die teenoorgestelde geslag te ontwikkel.”

In die herfs van 1980 het Obama ‘n uitnodiging van ‘n vriend by Occidental, Mohammed Hasan Chandoo, aanvaar om ‘n twee-slaapkamer woonstel te deel. Garrow skryf dat Obama en Chandoo “baie hegte vriende” geword het tydens die akademiese jaar van 1980-81. “Dagga was ‘n gereelde, dog nie nagtelike ontspanningsmiddel vir Hasan en Barry,” het Garrow geskryf. Chandoo se meisie het erken dat die groep soms kokaïne gesnuif het. Op een stadium het hy psigedeliese sampioene probeer.

Alhoewel Obama later erken het dat hy dwelms gebruik het, het hy gesê dit was minimaal. Maande voor die 2008 presidensiële verkiesing, het die New York Times hiedie opskrif gepubliseer: “Ou Vriende Sê Dwelms Het ‘n Klein Rol in Obama se Jong Lewe Gespeel.” Die artikel het gesê dat Obama se vriende moontlik sy dwelmgebruik as onbeduidend afgemaak het, om sy reputasie te beskerm.

Sulke delmgebruik verswak die verstand en maak ‘n persoon baie meer ontvanklik vir verwoestende geestelike magte. Het hierdie aktiwiteite dié deur oopgemaak in die lewe van die man wat eendag Amerika se president sou word?

Veranderde Persona

Chandoo, ‘n Pakistani, het homself as ‘n Marxis gesien. ‘n Ander vriend het onthou dat hy “destyds baie radikaal was.” Tydens die herfs semester van 1981, het Obama meer polities aktief begin word. Hy het Marxistiese byeenkomste begin bywoon. Vriende onthou dat Obama “’n vereenvoudigde weergawe van Marxistiese teorie begin argunenteer het en dat “hy passievol was oor sy standpunt.” Obama en Chandoo het ‘n tak van “die Kommittee in Solidariteit met die mense van El Salvador” by die kollege gestig, ‘n groep wat El Salvador se linkse opposisie, wat bande met die Kommunistiese Party gehad het, ondersteun het. Chandoo het ook ‘n forum op kampus georganiseer wat ‘n vorige Pakistani Hoogeregshof regter en die verbanne stigter van Pakistan se militante Marxistiese Party as eregas gehad het.

In “Dreams From My Father”, beskryf Obama ‘n aand waar sy blanke vriende beleefd maar duidelik ongemaklik was by ‘n partytjie waar meeste van die gaste swart was. Na daardie aand, het hy geskryf, “het ek ‘n nuwe uitleg van die wêreld begin sien, een wat skrikwekkend in eenvoud was, versmorend in implikasies...[E]nige onderskeid tussen goeie en slegte blankes het onbeduidende betekenis gehad. Trouens, mens kon nie eers verseker wees dat alles wat mens as vanselfsprekend aanvaar het omtrent jou eie swart, ongebonde self... nie vryelik deur jou gekies is nie. Ten beste, was hierdie dinge ‘n toevlug; ten ergste, ‘n lokval. As gevolg van hierdie frusterende logika, was die enigste ding wat jy as jou eie kon kies, om terug te trek in 'n kleiner en kleiner spoel van woede, totdat om swart te wees net die kennis van jou eie magteloosheid, van jou eie nederlaag beteken het. En die finale ironie: Sou jy weier om hierdie nederlaag te aanvaar en terugkap na jou gevangenemers, hulle ook ‘n naam dáárvoor sou hê, ‘n naam wat jou net so effektief kon inhok. Paranoïes. Militant. Geweldadig. Ne**r. Oor die volgende paar maande het ek hierdie nagmerrie visie probeer bevestig. [Deur boeke van Baldwin, Ellison, Hughes, Wright, DuBois en Malcolm X te lees], het ek probeer om die wêreld wat ek gevind het met die voorwaardes van my geboorte te vereenselwig.”

Oor hierdie tyd het Garrow geskryf, “Obama het ook besef dat die bierdrinkery, daggarokery en kokaïen snuiwery wat Oxy [Occidental College], net soos Punahou [Obama se voorbereidings hoërskool], hom gebied het en sy reputasie as ‘n “geharde partytjiemaker” by sommige van sy vriende vasgestel het, teenstrydig was met enige self-transformasie na ‘n meer ernstige student en persoon.”

Obama het besluit om homself oor te maak. Hy wou ‘n nuwe begin hê. Een vriend het onthou dat Obama iewers heen wou trek waar hy “toegang tot ‘n swart kulturele ondervinding wat hy eintlik niks van weet nie” sou hê.

Obama het in 1982 na Columbia Universiteit in New York verskuif. Daar het hy saam met ‘n vriend van Chandoo, genaamd Siddiqi, gewoon. Garrow skryf dat “Siddiqi ook ‘n ‘transformasie’ aanskou het van die ‘pretmakerige...gemaklike’ Obama wat hy 18 maande vantevore in Suid-Pasadena ontmoet het, tot iemand wat nou baie ernstig en minder opgewek was.’”

In ‘n onderhoud jare later, het Obama oor sy tyd by Columbia gesels. Garrow skryf dat sy ma hom grappenderwys Ghandi genoem het, “vanweë sy nuwe esketiese lewe, maar Barack het nie ontken dat hy tydens daardie latere kollege jare ‘dodelik ernstig’ geword het nie.”

Obama onthou, “Mense het my na partytjies uitgenooi, en ek het geantwoord, ‘Waarvan praat jy?’ Ons het ‘n rewolusie wat moet plaasvind.’”

Barack Obama was nou op ‘n koers wat hom na die Demokratiese Party, Chicago, die Senaat en die presidentskap sou lei.

Toetreding Tot Die Politiek

Na Columbia Universiteit, het Obama na Chicago verhuis, waar hy die wêreld van gemeenskapsorganisering betree het. Hy was op soek na ‘n plek om te behoort en ‘n identiteit vir homself te skep. Hou sou een in Chicago smee. In ‘n 2007 artikel vir die New Republic, het Ryan Lizza geskryf dat Obama “verlang het na ‘n ondervindig wat hom aan die burgerregte era verbind het.” Obama het in sy outobiografie geskryf dat hy sy lidmaatskap in die Swart-Amerikaanse gemeenskap “deur organisering” sowel as “gedeelde opofferings verdien het.” Obama, het Lizza geskryf, “wou by die klub aansluit.”

Obama het kerkdienste onder Pastoor Jeremiah Wright begin bywoon. Dekades later, sou sy verwantskap met Wright een van die min uitdagings wees wat hy in sy politieke loopbaan moes trotseer. Tydens sy 2008 presidensiële veldtog, het uittreksels van Wright se preke op die Internet begin verskyn. Dit het Wright se woede en verontwaardiging (“Rassisme is die Amerikaanse leefwyse!”) tydens sy godslasterlik-gelaaide, samesweringsteorie-gebaseerde tirades (“Die regering het gelieg oor die uitvindsel van die HIV-virus as ‘n middel om volksmoord op mense van kleur te pleeg”) wat in geestelike taal versteek is (“Jesus was ‘n arm swart man ... wat in ‘n kultuur geleef het wat deur ryk witmense beheer was!”) duidelik ten toon gestel. In hierdie uittreksels, het Wright se mees lasterlike uitlatings die grootste toejuigings van sy gemeente ontvang.

Barack Obama het daarop aangedring dat hy nooit Wright daardie dinge hoor sê het nie. Maar hy het hierdie man se anti-Semitiese, anti-blanke kerk vir 20 jaar bygewoon. Vir twee dekades het hy in Wright se kerk gesit en hom hoor kwaadwillige haat uiter teenoor hierdie land. Hul verhouding was diep. Obama het een van sy boeke, The Audacity of Hope, getitel na een van Wright se preke.

Ongelukkig het die media en die meeste van die Amerikaanse publiek hierdie skrikwekkende waarskuwingsteken gewilliglik oorgesien. Dit is asof hulle bedwelmd was, ongeërg dat Obama se WÊRELDBESKOUING deur sommige van die mees radikale en rassistiese verstande in Amerika gevorm is!

Tydens sy verblyf in Chicago, het Obama van die Saul Alinksy wyse van gemeenskapsorganisering geleer. In sy boek Rules for Radicals, het Alinsky Lucifer geprys omdat hy die “eerste radikale een was wat aan die mens bekend is, wat teen die gesagsorde gerebelleer en dit so effektief gedoen het dat hy ten minste sy eie koninkryk gewen het.” Obama het Alinsky nooit persoonlik ontmoet nie, maar hy was deur sommige van Alinksy se naaste volgelinge opgelei.

“Alinsky was al vir meer as ‘n dekade oorlede toe Obama in Chicago aangekom het, maar sy nalatenskap was nog baie lewendig,” het Lizza oor Obama se verbintenis met die man geskryf. “[Mike] Kruglik, [Gerald] Kellman en [Gregory] Galluzo het almal sy lerings deur die Industriële Areas Stigting (iaf) studeer, die organiseringsskool wat Alinsky gestig het. Teen die 80's het nie eers die IAF elke beginsel wat Alinsky geleer het, streng nagekom nie. Maar ten minste een van Obama se leermeesters het homself as ‘n ware volgeling beskou: ‘Ek beskou myself as die Apostel Paulus wat Jesus nooit ontmoet het nie,’ het Galluzo my van Alinksy vertel, wat gesterf het kort nadat Galluzzo op 'n pelgrimstog na Chicago verhuis het om hom in 1972 te ontmoet. ‘Ek is sy beste dissipel.’”

Galluzo was een van drie mense wat Obama oor gemeenskapsorganisasie geleer het.

Na Chicago, is Obama weg om by Harvard te studeer. Maar, soos Lizza egter opgemerk het, het Obama “een voet in die organisasie wêreld gehou.” Obama het na Los Angeles gereis om ‘n opleidingskursus by te woon wat deur die iaf aangebied is. Lizza skryf dat Obama ná Chicago teruggekeer het na Harvard, waar “hy op die rade van beide die Woods Fund en die Joyce Foundation gedien het, wat ook skenkings aan Alinsky-styl groepe maak, en het aangehou om onderrig in organisasie werkswinkels aan te bied.”

Nadat hy die Universiteit van Chicago bygewoon het, het Obama hom in staat politiek in Illinois begewe, eers as ‘n staat senator in 1996 en daarna agt jaar in die Amerikaanse Senaat. In slegs 12 jaar het Obama van ’n onbekende staatspolitikus tot president van die Verenigde State van Amerika gevorder. Weinig min politici beweeg so vinnig deur die range van die politiek.

Regdeur Obama se politieke loopbaan, het omtrent niemand hierdie skadelike invloede op sy jeug bespreek nie, ook nie sy finale ontmoeting met Frank wat die aarde onder sy voete geskud het nie, sy tyd by Occidental in Pasadena, sy nuwe doelgerigtheid, die verstewiging van sy rasse agenda en sy transformasie in ‘n rewolusionêr nie. Hulle het die faktore wat Barack Obama se siening van hierdie nasie beïnvloed het misgekyk.

En hulle kon nie hierdie feite verbind met sy verklaring tydens 'n saamtrek op 30 Oktober 2008, net voor die 2008 presidensiële verkiesing nie: "Ons is vyf dae weg daarvan om die Verenigde State van Amerika fundamenteel te transformeer."

Barack Obama wou die nasie fundamenteel verander omdat hy nie met die stigtings-beginsels saamgestem het nie. Hy het geglo dat die Konstitusie deur ryk blanke mense vir ryk blanke mense geskep is, en dat die blankes van almal steel. Hy was baie innig simpatiek teenoor ‘n ideologie wat Amerika se konstitusionele regering direk, selfs gewelddadig teenstaan: kommunisme.

Fundamentele Transformasie

As president het Mnr. Obama sy ambisie om Amerika te verander passievol nagestreef. Hy het formidabele sukses behaal.

Kom ons begin met een voorbeeld. Baie mense het gesê dat om ‘n swart man tot die magtigste amp in die wêreld te verkies (en te herkies) sal ons nasie se rasse probleme oplos. Dit het net die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Dit is omdat Barack Obama daardie probleme aktief aangewakker het. President Obama het herhaaldelik opmerkings oor rasgelaaide kwessies in die openbaar gemaak, opmerkings wat mense se wantroue in die polisie laat toeneem, en geloof in die regsstelsel weggekalwe het. Hy het dinge gesê wat bewysbaar vals was, maar wat musiek in die ore van die rassistiese radikale was. Op’n stadium het Obama gesê dat rassisme deel is van Amerika se DNA. Dit beteken dat die nasie onherstelbaar rassisties is. SO ‘N ONGEGRONDE AANTUIGING IS SATANIES TOT IN SY KERN! Satan gebruik ras as ‘n wapen om mense te verdeel. God ag geen ras meerderwaardig of minderwaardig teenoor ‘n ander nie; Hy het alle rasse geskep en het ‘n transendentale potensiaal in die vooruitsig vir alle mense!

In die post-Obama Amerika, beskuldig die hoofstroom media en radikale Demokrate voortdurend die Republikeine en gewone Amerikaners dat hulle rassiste is. In amper elke geval lieg hulle en hulle weet hulle lieg. Radikale linksgesindes moedig rassisme teen blankes aan, leer wit studente—selfs laerskool kinders—om te dink dat hulle minderwaardig teenoor swartes, Spaansprekendes en enige anderskleuriges is. Ons hoor dikwels rassistiese opmerkings op televisie en radio. Een swart tv kommentator op nbc het gesê, “Hierdie is geen land vir jong swart mans nie!” Sulke lelike, rassistiese opmerkings is besig om die land met haat en verdeeldheid te vul, wat tot geweld en rasse-oorlog gaan lei. Hierdie kommentators is óf onkundig oor wat hulle besig is om te doen, óf hulle soek ‘n rasse-oorlog. Sekere ekstremiste soek dit verseker. Bybel profesie vertel ons dat hulle een gaan kry.

Dit is slegs een voorbeeld hoe Barack Obama Amerika verander het. Daar is talle ander.

Die Obama administrasie het op bedrieglike wyse die Wet op Bekostigbare Sorg deurgedwing, ‘n verwoestende stukkie wetgewing wat die nasionale skuldlas vermeerder het en Amerika al hoe meer in ‘n sosialistiese staat verander het. Dit het die Interne Inkomste Diens toegelaat om konserwatiewe groepe onwettiglik te teiken deur oudits, bank rekeninge in beslag te neem, onder toesig te plaas en ander vorms van teistering. Dit was een van vele maniere waarop federale instellings onder Obama verpolitiseer en bewapen is.

Latere hoofstukke in hierdie boek wys hoe besonder skokkend hierdie gevaarlike proses op die Amerikaanse Federale Speurdiens, die Sentrale Intelligensie-agentskap en ander intelligensie agentskappe was. President Obama het hierdie en ander federale inrigtings gebruik om op Amerikaanse senators, verteenwoordigers, joernaliste, politieke veldtogte en miljoene gewone Amerikaners te spioeneer. Hierdie handelinge het die oppergesag van die reg erg verweer, die konstitusionele beskerming van die Amerikaanse mense verontagsaam en die land dramaties in die rigting van tirannie gestuur.

Die Obama administrasie het ewe kolossale “fundamentele veranderinge” in Amerika se buitelandse beleid aangebring. In 2009 het President Obama Kaïro, Egipte besoek en ‘n toespraak gelewer wat daarop gemik was om met Iran vrede te maak. Hy het gesê niemand het die reg om kernwapens aan hierdie terreur-borgende nasie te weier nie.. Hierdie toespraak het gehelp, en die Obama administrasie het dit ondersteun, om ‘n populêre Islamitiese opstand teen Egiptiese President Hosni Mubarak (‘n goeie vriend van Israel) aan te hits wat tot die bemagtiging van die Moslemse Broederbond gelei het.

Daarna het sy regering die populêre opstand in Iran geïgnoreer, wat die radikale mollahs in die mees gewilde terroris-borgende nasie in die werêld versterk het. Daarbenewens het hulle 'n groteske kernkragooreenkoms met die Iranese leiers onderhandel, Iranse spioene bevry, Iran met kontant oorstroom en 'n reddingsboei vir voortgesette kernaktiwiteite verskaf. Toe ‘n djihadistiese skare die Amerikaanse ambassade in Benghazi, Libië, op die herdenking van 9/11 in 2012, aangeval en terroriste ‘n ambassadeur en drie ander Amerikaners vermoor het, het Obama amptenare ons mense skandelik beveel om terug te staan. Daarná het hulle probeer om die blaam vir die moorde van die moordenaars af te lei en het om verskoning gevra vir Amerika wat kwansuis die aanval uitgelok het.

Op verskeie geleenthede het Obama Brittanje beledig en vyandigheid teenoor die Joodse staat openbaar. Tog het hy diplomatieke bande met Kuba herstel, wat hul Kommunistiese regering gered en ‘n pad vir magtige vyande oopgestel het om Amerika van minder as 100 myl onder druk te plaas en te bedreig. Hy het internasionale organisasies soos die korrupte Wêreldgesondheidsorganisasie en die anti-Israeliese anti-Amerikaanse Verenigde Nasies entoesiasties ondersteun. Hy het ywerig aan die “Parys Klimaatsakkoorde” deelgeneem wat Amerika se industrie en ekonomie gewurg het.

Sulke verderflike optrede het alles gekenmerk wat Barack Obama as president gedoen het. Ons gaan in hierdie boek ‘n dieper studie in verskeie van hulle doen. Dít is die optrede van 'n man en sy kabaal wat 'n nasie wat hy as fundamenteel boos beskou het, "fundamenteel getransformeer het".

Tog is die waarheid dat Barack Obama as 'n instrument gebruik is deur 'n geestelike wese met veel groter haat teenoor Amerika.

Die meeste mense sal nie hieroor praat nie, maar dit is die waarheid, en net die waarheid sal ons vry maak (Johannes 8:32; 17:17).

Antiochus

Die meeste mense sê hulle glo die Bybel. Ek wil graag hê u moet dink aan die voorbeeld wat opgeteken is in 1 Samuel 16:14 en 19:9-10 van koning Saul van Israel, wat deur 'n bose gees gepla was en die man wat God gekies het om hom te vervang, probeer doodmaak het.

Glo u dit is moontlik dat 'n bose gees die koning van Israel kan beïnvloed? Dit het al gebeur - 'n aantal kere.

Die apostel Paulus het 'n diepgaande stelling gemaak in 2 Korinthiërs 2:11. Hy het gesê dat ons beter nie onkundig wees oor die planne van die duiwel nie, anders word ons sy slagoffers.

Die duiwel is ‘n werklikheid. die duiwel lewe! Mense spot, maar hulle sal nie lank spot nie. Hulle sal binnekort besef hoe onkundig hulle was oor Satan se planne en listighede.

Baie historiese en profetiese Bybelgedeeltes wys hoe Satan deur mense werk, veral deur mense in magsposisies. Een verstommende en gedetailleerde voorbeeld verskyn in die agtste hoofstuk van die boek Daniël.

Daniël se profesie is spesifiek vir hierdie eindtyd – en vir geen ander tyd nie (Daniël 12:4, 9). Die laaste gedeelte van Daniël 8:17 lees: “Verstaan, o mensekind, dat die gesig vir die tyd van die einde is” (Revised Standard Version). In vers 26 het God vir Daniël gesê om die visioen te verseël, “want dit hou verband met die ver toekoms” (Moffatt). Baie van die gebeure wat in hierdie hoofstuk beskryf word, is in tipe vervul in die eeue nadat Daniël dit in 550 v.C. aangeteken het. Selfs daardie gebeure dui egter op hierdie profesie se primêre vervulling, wat plaasvind in die eindtyd, die laaste jare van die eeu van die mens net voor die Wederkoms van Jesus Christus.

Beginnende in vers 9 is 'n profesie van 'n "horinkie" wat ontstaan ​​het uit een van die vier afdelings van die Griekse Ryk. Feitlik alle kommentare stem saam dit was 'n profesie van Antiochus IV Epiphanes, 'n bedrieglike, goddelose Seleucid-koning wat heerskappy in Palestina in 176 v.C. verkry het. deur bedrog en vleiery.

Terwyl mense in ander gebiede toegelaat is om hul godsdienste te behou, het Antiochus baie Joodse mans, vroue en kinders woedend vernietig en probeer om selfs die Joodse geloof te vernietig. Hy het die tempel beroof, 'n heidense altaar en 'n afgod van homself daarin opgerig, tienduisende Jode in Jerusalem vermoor of slawe van hulle gemaak, en 'n groot deel van die stad verbrand en afgebreek.

Hierdie man was duidelik sterk beïnvloed indien nie deur die duiwel besete nie, wat hom vir skokkende verwoestende doeleindes gebruik het. Ons sal later in die boek meer van hierdie historiese voorbeeld bestudeer.

Kommentare erken dat Daniël se profesie in die tweede eeu v.C. vervul is. Wat hulle nie verstaan ​​nie, is dat hierdie "horinkie" profesie ook 'n eindtyd vervulling het, wat die mees belangrikste is. Weereens, Daniël se profesie is vir die eindtyd—die tyd waarin ons vandag leef.

Die eindtyd vervulling van hierdie profesie is gedetailleerd en betekenisvol, en ek verduidelik dit in my boekies Daniel—Unsealed at Last! en Daniel Unlocks Revelation (Hierdie boekies is huidiglik slegs in Engels beskikbaar. Indien u wel Engels kan lees en wil graag u eie eksemplare hê, versoek gerus u gratis kopieë). Hierdie profesie praat uiteindelik van 'n leier in Europa wat 'n skrikwekkende Europese ryk sal verenig wat Amerika en die ander hedendaagse nasies van Israel sal aanval.

Wat ek egter vir u in hierdie boek sal wys, is die bewyse dat Amerika van binne deur 'n ander tipe Antiochus regeer is. Vir agt jaar het hierdie man bedrog en vleiery gebruik terwyl hy die nasie van die top van ons eie regering gesaboteer het! Ek besef dit is 'n plofbare bewering, maar die bewyse is volop. Daniël se profesie verskaf buitengewone insig in ons land se politieke krisis.

Ek het gewaarsku oor Mnr. Obama en sy anti-Amerikaanse ambisies sedert vóór hy president geword het. Tydens sy presidentskap het ek verduidelik dat hy 'n Antiochus-tipe was wat die vernietiging van ons grondwetlike republiek gesoek het. Dit was die hooftema van my veel kleiner 2013-boekie America Under Attack.

Toe Mnr. Obama die Withuis in Januarie 2017 verlaat het, het sommige gesê dit is 'n mislukte profesie. Hy was nie meer president nie, en dit het geblyk dat hy min invloed op die Amerikaanse politiek gehad het, veral omdat sy opvolger probeer het om baie van sy werk ongedaan te maak. Maar soos u in hierdie boek sal lees, is die waarheid dat hierdie Antiochus nooit die politieke toneel verlaat het nie. Selfs nadat hy die Withuis verlaat het, het hy voortgegaan om sy agenda te bewerk. En hy het nog nooit opgehou om Amerika te ondermyn nie.

Barack Obama het gekom as 'n "engel van die lig", en miljoene Amerikaners het hom geglo en glo hom nog steeds. Maar was hy as president die bewaker van Amerika se “demokratiese instellings en tradisies—soos oppergesag van die reg”? Het hy die "instrumente van ons demokrasie ten minste so sterk gelaat as wat [hy] dit gevind het"?

HY HET PRESIES DIE TEENOORSTELDE GEDOEN. Fokus op sy HANDELINGE. Kyk na sy VRUGTE. Enigiemand moet verby die "engelagtige" kunsgreep kan sien en die werklike mag aan die werk kan herken. SY VRUGTE DEFINIEER WAT HY BEDOEL HET MET "OM AMERIKA FUNDAMENTEEL TE TRANSFORMEER."

Abraham Lincoln was miskien die beste president wat Amerika ooit gehad het. Hy het gesê: "Ek is niks, maar DIE WAARHEID IS ALLES." Lincoln het daardie begrip uit die Bybel ontvang (bv. Johannes 8:31-32; 2 Thessalonicense 2:10). God het ons gehelp deur manne soos Lincoln, wat geglo het dat die waarheid alles is.

Wat gebeur egter as die mense en hul leiers dit nie glo nie? Wat as u leuens glo en volg en propageer? Dan volg u die “vader van leuens”.

Dit maak van Barack Obama 'n baie gevaarlike man!

Dit sal vervolg word in "Wet onder Aanval"